Eerstespan-rugbyspeler geskors weens rassisme

Hoërskool Voortrekker in KwaZulu-Natal het ʼn speler vir die res van sy skoolloopbaan uit rugby geskors na hy skuldig bevind is aan rassisme. Die voorval het plaasgevind tydens ʼn eerstespan-wedstryd teen Pinetown Hoër Seunskool oor die naweek.

Jacaranda Sport berig die seun het rassistiese uitlatings gemaak toe ’n bakleiery ná ’n boorvat op die veld uitgebreek het. Nadat bewyse hersien is en die skeidsregter oor die voorval genader is, het die skool die seun uit alle rugby geskors vir solank hy ‘n leerling by die skool is.

“Hoërskool Voortrekker is al baie jare bekend vir die goeie, harde, skoon rugby wat ons speel en hierdie gedrag van afrigters, spelers en ouers sal nie geduld word nie,” het Jan Nel, die skoolhoof, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.