EFF: ‘Gee Uniegebou nuwe naam’

Voormalige eerste minister Barry Hertzog se standbeeld voor die Uniegebou

Voormalige eerste minister Barry Hertzog se standbeeld voor die Uniegebou voor dit moes plek maak vir ‘n standbeeld van oudpresident Mandela

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het Maandag se eeufeesviering van die Uniegebou verwerp en ’n beroep gedoen dat die regeringsetel in Pretoria hernoem word.

“Om die Uniegebou as ‘unie’ te vier, is om die geskiedenis van swart onteiening en uitsluiting te vier,” het Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, in ’n verklaring gesê. Ndlozi sê die bedoeling met die viering van Versoeningsdag is om die land te laat nadink oor sy vordering rakende die vernietiging van die erfenis van apartheid en kolonialisme. Hy sê ’n radikale makro-ekonomiese raamwerk gegrond op die EFF se sewe kardinale pilare kan geregtigheid na Suid-Afrika bring en wegdoen met die apartheidsverlede. “Eerstens vier die EFF die voortreflike bydrae van [oudpresident] Nelson Mandela en sy generasie met die lê van ’n soliede grondslag sodat die proses van versoening werklik kan plaasvind.” Ndlozi het gesê die stryd om swart mense, wat vir eeue die slagoffers van rasse-segregasie was, te vermenslik is nog ver van verby. Hy sê die demokratiese geskenk van Mandela is nie omgesit in die bevryding van volslae armoede, werkloosheid en ongelykhede nie. “Swart mense sonder grond bly besoekers in hul eie land en sonder toegang tot gehalte-onderwys word hulle daaraan onderwerp om permanente verskaffers van goedkoop arbeid te word waarvan maklik ontslae geraak kan word. Dit maak enige aanspraak op versoening vandag vals.”

President Jacob Zuma het Maandag op Versoeningsdag ‘n nege meter hoë standbeeld van Mandela by die Uniegebou onthul.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Henko ·

Ek is nou al so keelvol vir die nie-blankes wat net mooi alles vir hulself wil toe-eien. Dorpname, straatname, standbeeld wat moes plek maak vir die uitspattig duur beeld van mandela, en nou die verandering van naam van die Uniegebou. Gaan daar iets vir die Blanke-nageslag oorbly?

Kosie ·

Die Uniegebou het ‘n nuwe naam: RIOBC Robben Island Old Boys Club.

Babs ·

“Swart mense sonder grond bly besoekers”. Hulle wil net hê en hê en as hulle kry neuk hulle dit op. Wat van wittes sonder grond. Ons werk vir dit wat ons moet hê en ons versorg dit. Hulle moet ophou om eise te stel en probeer om self versorgend te raak. Te veel swartes stroom oor die grense in en neem werk uit die wat hier gebore is se hande.

Babs ·

“Swartes sonder grond bly besoekers” . Wat van wittes sonder grond? Ons werk vir dit wat ons moet hê en wanneer ons dit kry versorg ons dit. Baie swartes wil net hê en hê en as hulle dit verniet kry neuk hulle dit op. So lank as hulle oor die grense instroom en werk uit die wat hier gebore is se hande neem, sal hier ‘n probleem wees.

PURE BOER ·

ASB VAT DIE TYD EN LEES DIE VOLGENDE.
MAROELA MOET DIE BERIG OOK OP SIT

BELOW A LETTER FROM THEIR DAD- EBEN- FROM FACEBOOK:

BOKSBURG- SOUTH AFRICA: “These are my two angels Angelique on the left and Jacqueline on her right. They are 10 years of age and thank God still innocent of life’s evils. This is Angelique’s legs after she was assaulted by a senior officer on the premises of Boksburg Correctional Services.

This happened Monday afternoon and even after a case was opened SCO H. Mkhuna up to date was not arrested and is still working and walking freely on the premises of correctional services where my daughters and several other kids live. He was in his uniform and used his service belt to assault her. All they did was walking home and playing with garden mushrooms, same as what every child does in his or her life.

I cannot get access to the premises, that may be a good thing, and the commanding officer is not willing to see me. They are trying to keep it quiet and hoping it will disappear. I have never felt so hopeless in my life before as I cannot even protect my own daughter. I

AM BEGGING ALL NOT ONLY TO LIKE THIS BUT TO SHARE IT ON YOUR FACEBOOK PAGE. ONE MILLION SHARES WILL NOT BE ENOUGH UNTIL THIS PERSON SITS IN JAIL!!!!! THIS IS NOT ASSAULT AGAINST ANOTHER GROWN UP, IT IS CHILD ABUSE!!!!!!!!!! PLEASE HELP AND SHARE UNTIL THE RIGHT PERSON READS THIS AND ENSURE SOMETHING HAPPENS. YOU NEVER THINK IT WILL HAPPEN TO YOUR OWN CHILD UNTILL IT IS TOO LATE!!!”

Paul Smith ·

Pure Boer, kan jy vir ons fotos van jou dogters plaas, veral die een wat aangeval is. Ek is seker ons sal kan help, al is dit ook na die vakansie!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.