EFF glo teleurgesteld in lede se rassistiese plakkate

EFF plakaat

“Die EFF het met groot teleurstelling verneem dat van sy lede baniere gehad het wat die party uitbeeld as ʼn rassistiese organisasie,” het Patrick Sindane, die party se woordvoerder in Gauteng, Dinsdag in ʼn verklaring gesê.

Van die boodskappe op die plakkate was: “Die wittebrood is verby vir die wittes” en “Om ‘n revolusionêr te wees, moet jy deur haat en bloedvergieting geïnspireer word”.

Die geleentheid het Sondag by die Nkaneng informele nedersetting in Marikana in Noordwes plaasgevind.

“Ons wil dit op rekord plaas dat ons onsself van dié uitlatings distansieer. Ons het uitgevind wie hiervoor verantwoordelik is en sal teen die lede optree. Ons stryd is nie om witmense dood te maak nie, maar om te verseker dat ons almal voordeel trek uit die rykdom van hierdie land,” het Sindane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ver Van Ryn ·

hond se dinges man! Welkom aan die ware gesig van die EFF, hierdie “splinterfaksie” gaan binnekort kern party lede word…

Strawberry ·

Whatever!!!!!! Julle sing dan kill the boer, moet ons julle glo dat dit nie rasisties is nie. Ons wit boere weet van beter. So word ons nie gevang deur n (peep!!!!!!) nie. Mal Emma en sy trawante moet eerder in die see in voeter.

Mckayline ·

Ag gaan vertel dit vir die man in die maan en kyk of hy jou gaan glo!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.