EFF in hof oor OVK-deposito

Economic Freedom Fighters (EFF) leader Julius Malema is seen at the protest movement's launch on Thursday, 11 July 2013. The EFF was different to other African National Congress breakaway parties, the expelled ANC Youth League president said at Constitution Hill, Johannesburg."We are not like Agang [SA] and all of them... We have a completely different plan."This plan included the non-negotiable principles of land expropriation and nationalisation of mines, both without compensation. The EFF sought to move away from a discourse of reconciliation to one of justice, Malema said. The EFF would hold a conference in Soweto on July 26 and 27 to work out its policies and manifesto. Picture: Werner Beukes/SAPA

Julius Malema. Foto: SAPA

Julius Malema, leier van die EFF, gaan na verwagting Woensdag ʼn aansoek by die Pretoriase hooggeregshof indien nadat die party aangedui het hy sal nie ʼn deposito van R600 000 aan die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) oorbetaal wanneer hy sy kandidaatlys vir die nasionale verkiesing indien nie.

Maroela Media het Dinsdag berig Malema het aangedui daar moet ander metodes buiten geld wees wat ʼn party se erns aandui. Hy het ook gesê die OVK voer ʼn oorlog teen armes.

Regter Joseph Raulinga in die Pretoriase hooggeregshof het die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) se aansoek tot Woensdag uitgestel sodat alle partye hul argumente kan indien. Die EFF wil ʼn interdik bekom teen die betaling van ʼn deposito aan die OVK wanneer hy sy kandidaatlys vir die stembusse indien. Die EFF is bereid om aan die eise te voldoen indien die verkiesingsliggaam ʼn bedrag van tussen R100 en R200 voorstel. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Alida Müller ·

Die ding is dommer as dom!!!! Wat verstaan hy nie?? As jy nie betaal nie, kan jy nie deelneem nie!!!!! R100 of R200??? Waar val die ding uit die bus??? Lmimmi!!!!

alet ·

Los hom as hy dit reg kry is die ANC n paar rand armer of hoe almal van hulle is so duk soos busse dan het hulle nie geld om ander omtekoop nie aitog wat wou hahaaha

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.