Floyd Shivambu, EFF-hoofsweep, en sy kollega Mpho Ramakatsa is albei op sewe aanklagte skuldig bevind terwyl Malema en Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die party, op vier aanklagte elk skuldig bevind is.
Die res van die LP’s wat saam “betaal terug die geld” gedreunsing het, is skuldig bevind op tussen een en ses aanklagte, het Lemias Mashile, voorsitter van die parlement se komitee oor regte en voorregte, gesê. “Ons het Maandag ‘n lang bespreking gehad wat tot in die aand aangehou het. Uiteindelik het die komitee tot die gevolgtrekking gekom dat die aanklagte waarop die 20 lede van die Nasionale Vergadering tereg gestaan het, bewys is en dat hulle skuldig is aan die aanklagte,” het Mashile aan verslaggewers gesê.
Die aanklagte was onder meer dat LP’s geweier het om gehoor te gee aan ‘n bevel deur die Speaker om te sit en dat hulle ingemeng het met die funksies van die wetgewer.
Mashile het gesê die EFF se LP’s sal Vrydag die geleentheid kry om ter versagting van vonnis te pleit. Daar is geen besonderhede bekend gemaak oor die straf wat EFF-lede opgelê kan word nie maar volgens die parlementêre reëls kan die LP’s vir 14 werksdae geskors word.
i ANC triomfanlike oorwinning-die skerp naels rooi katte is in die bek geruk. Malema is so geprogrameer net met GEEN RESPEK vir andere nie,maak nie saak waar nie. Zuma asb betaal die BELASTING BETALERSGELD- ons land is in ARMOEDE gedompel.
Stem saam dat as jy nie reg op tree nie, moet jy gestraf word. Maar hoekom word Zuma nie ook gestraf nie. Hy beantwoord geen vrae nie, daag nie eers vir die parlamente sitting op nie. Waarvoor is hy President. Net of kinders te maak en rond te kajaker in ander lande. Hy kan nie eers sy eie mense help nie maar wil altyd probeer om ander lande se mense te help.