EFF-modes te koop

Julius Malema. Foto: Werner Beukes/SAPA

Julius Malema. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die revolusionêre modes van die Economic Freedom Fighters (EFF) word nou te koop aangebied.

“Die politieke party se rooi barette sal teen R80 elk verkoop word,” het Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, Vrydag gesê. “’n Tak, ‘n streek of ‘n provinsie kan bestellings plaas met ‘n minimum van 100 barette per bestelling. Die barette kan ook buite die formele struktuur van die EFF bestel word.”

Die EFF-pet is ook teen R50 elk beskikbaar en ‘n “goue hemp” kan vir R100 aangekoop word.

Magneetplakkers vir die volgelinge van die party, wat deur die geskorste ANC-jeugligaleier Julius Malema gestig is, kos R200. ‘n EFF-T-hemp kos R50.

“Alle voornemende vryheidsvegters wat meer inligting benodig kan met kommissaris Leigh-Ann Mathys in verbinding tree,” het Ndlozi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Trippie

Whahaha – van een uiterste na ‘n ander – en nogal ‘n “goue” hemp … wie de mhur het geld vir khak ?

Arrie

Ek vee eerder my [email protected] met dai geld af voor ek dit so mors!

Angelus

‘n pispot kos goedkoper!

Seg Net

Nee magtig, raak Maroela nou ‘n spreekbuis of advertensie vir ‘n swart,kommunistiese, revolusioneer, militante beweging?

H J Bester

Laat ons maar lees van alles en almal waarvan ons nie hou nie voordat ons dalk onbewustelik deel raak van die vyand en ons weet dit nie eens nie. Jy kan net jou vyand beveg wanneer jy iets van hom weet !!