EFF-ondersteuner sterf buite hof

EFF-ondersteuners voor die hooggeregshof in Pretoria. Foto: SAPA

EFF-ondersteuners voor die hooggeregshof in Pretoria. Foto: SAPA

ʼn Ondersteuner van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) is Woensdag voor die hooggeregshof in Pretoria dood.

Die man se liggaam het voor die hof bedek gelê na nooddienswerkers van Tshwane hom vroeër probeer bybring het. Metropolisielede, nooddienswerkers en lede van die EFF het om die man gestaan terwyl hulle vir ʼn lykswa gewag het om die liggaam te verwyder. Nooddienswerkers het vroeër langer as ’n uur probeer om die man by te bring. Die man het ʼn EFF-hemp en ʼn swart denim aangehad en het vroeër by meer as ʼn honderd ander ondersteuners aangesluit wat buite die hof saamgedrom en gesing het. Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, sê die oorledene het op Kerkplein gedraf en geval oor die kettings rondom die standbeeld van Paul Kruger. “Hy het geval en sy kop hard gekap. Sy naam was Max. Dit was ’n ongeluk.”

Die EFF het by die hof aansoek gedoen om ʼn interdik sodat die party nie ’n deposito van meer as R600 000 hoef te betaal om kandidatelyste vir die opkomende verkiesing by die Onafhanklike Verkiesingskommissie te kan indien nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

JP ·

Selfs oom Paul maak nou al die kettings korter. EFF se lawaai het die dooies wakker.

ai toggie ·

Danielle, jy is verkeerd! Dit is apartheid se skuld want dis paul kruger se standbeeld wat die man getrip het!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.