EFF-ondersteuners skeur ANC-T-hemde

Julius Malema by die bekendstelling van die EFF Foto: Werner Beukes/SAPA

Foto’s volg onderaan die berig. Ondersteuners van die Economic Freedom Fighters (EFF) het Vrydag by die Universiteit van Johannesburg se Doornfontein-kampus ANC-T-hemde geskeur.

Sommige van die ondersteuners is glo nie op die kampus toegelaat waar Julius Malema, leier van die EFF, ‘n toespraak sou lewer nie.

Herman Esterhuizen, woordvoerder van die universiteit, het gesê die EFF het nie die behoorlike prosedures gevolg om goedkeuring vir die vergadering te bekom nie. “’n Amptelike aansoek vir goedkeuring is nie betyds by die universiteit ingedien nie,” het hy gesê.

Groepe ondersteuners van die ANC in swart T-hemde en EFF-ondersteuners in rooi barets het ter ondersteuning van hul onderskeie organisasies gesing en gedans.

EFF-ondersteuners het ook met voertuie bo-oor ANC-T-hemde gery. Kenny Kunene, lid van EFF, het by die universiteit opgedaag, maar daar was geen teken van Malema nie.
[nggallery id=146]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.