EFF sê ANC het die afgelope 20 jaar nog niks gedoen nie

EFF-ondersteuners skeur ANC T-hemde nadat hulle nie op die kampus van die Universiteit van Johannesburg toegelaat is waar Malema sou praat nie Foto: Werner Beukes/SAPA

Julius Malema, leier van die Economic Freedom Fighters (EFF), het Vrydag gesê die ANC het die afgelope 20 jaar in ‘n demokratiese Suid-Afrika nog nie basiese dienste gelewer nie.

“Daar is die afgelope 20 jaar nog nie een huis wat deur hierdie regering gebou is nie,” het Malema aan die juigende skare by Uncle Tom-gemeenskapsaal in Orlando-Wes in Soweto, Johannesburg, gesê. “Enige regering wat HOP-huise vier, moet verwerp word. Dis ‘n regering van hansworse.”

Malema het sy toespraak by die EFF se eerste nasionale vergadering gelewer. Die tweedaglange vergadering sal fokus op die EFF se beleid en stigtingsmanifes.

Malema het die ANC ook blameer vir die haglike toestand van onderwys, gesondheid, behuising en sanitasie. Die EFF versoek gratis, gehalte opleiding. “Ons kinders moet kan meeding met hoeveel grade hulle het. Opvoeding moet gratis wees, dit moet van hoë gehalte wees.”

Malema het die toestand van gesondheidsfasiliteite in die land gekritiseer en gesê mense word soos honde behandel. Hy sê die regering moet hulle kop in skaamte laat sak dat voormalige president Nelson Mandela nie by die land se militêre hospitaal of staatshospitaal behandel word nie. Mandela word tans in ‘n privaathospitaal in Pretoria behandel vir ‘n herhalende longinfeksie.

Die EFF glo alle regeringsbeamptes moet van staatsdienste gebruik maak. Malema sê dit is ‘n skande dat talle mense nie eers toegang tot ‘n toilet het nie. “As jy nie eers ‘n toilet kan voorsien nie, kan ons jou nie ernstig opneem nie,” het hy gesê. “Ons het toilette nodig, jy moet nooit daaroor skaam wees nie. As daar ‘n behoefte is vir ‘n toiletrewolusie, dan moet ons dit opneem. Laat hulle ons maar ‘n toilet-organisasie noem. Kom ons gee aan die mense hulle waardigheid terug.”

Malema het ook die EFF se beleid en die lyding van swart Suid-Afrikaners onder die ANC-regering bespreek. Hy het aanvanklik sy voorbereide toespraak voorgelees, maar het later uit die vuis gepraat.

Malema het weer ‘n oorsig gegee oor die EFF se hoofbeginsels wat grondonteiening sonder vergoeding en nasionalisering van myne en ander strategiese sektore insluit. Hy sê grond moet aan die regmatige eienaars terugbesorg word en benadruk dat die gewillige koper/gewillige verkoper-beleid nie werk nie. “Die verkoper moet gedwing word om te verkoop, en indien die verkoper nie wil verkoop nie, sal ons dit afneem.”

Malema sê sy regering sal seker maak dat grond gebruik word om mense te bevoordeel en sal dit vir behuising of vir werkskepping aanwend.

“Ons het ‘n aktiewe regering nodig. Ons kort ‘n regering wat direk in sake betrokke is en by werkskepping betrokke is.” Die huidige regering het gesê hy sal 500 000 poste in vyf jaar skep, maar dit het nog nie gebeur nie. “Hulle het nog nie een enkele pos geskep nie… Ons het poste verloor,” het Malema gesê.

Hy het die mynbedryf kritiseer en gesê daar is nog baie min gedoen om die gemeenskappe, waar hulle aktief is, te ontwikkel. Die EFF glo die regering moet 60% van die bedryf besit. Malema ontken dat dié beleid beleggers sal afskrik. “Mense sê ons jaag beleggers weg. Vertel hulle dit is die hele punt, want ons wil plaaslike beleggers bevorder.”

Die EFF wil ook ‘n staatsbeheerde bank oprig wat aanloklik sal wees vir die publiek omdat hy laer rentekoerse as handelsbanke sal aanbied.

Malema het sy ondersteuners gewaarborg dat die EFF swartmense se waardigheid aan hulle sal teruggee deur sy beleide. “Ons gaan ‘n verskil maak. Dit is ons land, dit is ons grond en ons eis dit terug,” het hy gesê. “Laat hulle in elke uithoek huil oor die EFF, want ons is hier om te bly.”

Malema sê die nasionale vergadering sal die EFF as ‘n politieke party stig. “Ons registreer Maandag, en dan is ons op die grond.”

Lees ook:
EFF-ondersteuners skeur ANC-T-hemde
Malema gewaarsku oor grondbesetting
Die EFF se beginsels oor grondonteiening, kriminele rekords en landsgrense

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

brampie ·

Al wat die regering voor gesorg het van 1994 af is vir korupsie, moord, verkragting, diefstal, misdaad het so verhoog. Die arme mense se pensioene is ‘n absolute grap. Jy Malema, huds moord en roof aan teen die wit mense. En so by the way, gaan lees bietjie jou geskiedenis boeke broer, die land Suid Afrika het nog nooit aan julle behoort nie, gaan oor die grens en gaan doen daar julle land claims. Die plase wat afgevat is van die boere af, staan nou almal verlate, want die mense kan nie boer nie. Jy praat van toilette en behuising, my vriend, die plaas huise staan leeg, die vensters is gebreek, die dak plate is af gesteel, die toilette is gebreek, die deure en houtvloere is uit gebreuk, nou vra ek jou, wat is die punt om huise te gee as hulle net langs die huis ‘n shack op sit. Eenvoudig as jy my vra, daar is geen common sense tussen die spul nie. Nou wil julle ‘n land regeer, jy praat so van die land beter maak, maar al wat ek hoor en lees is vir die swartes voor en die swartes agter, nie vir die land se mense wat wit, bruin en swart insluit nie. Julle is so vinnig om om rasisme op te bring, maar tog is dit julle wat dit aan die gang hou. Tog word apartheid so baie opgebring, nie dat meeste van julle persoonlik ervaar het nie, die ou swartes, buin en wittes se almal dat dit was beter voor 1994. Die polisie is ‘n absolute grap, ‘n pizza kom by my huis aan voor die polisie. Vader behoed ons die dag as jou patetiese party die land regeer, julle sien dat die land agteruit gaan, as julle na 20 jaar nie ‘n verskil kon maak nie, wat dink ky gaan jy reg kry, net meer moorde sal gepleeg word, meer diefstal en korupsie, die land is in sy glory, maar julle groot manne in die parliment, moet derduisende rande verdien waar daai geld ingespan kan word vir onderig, behuising, pensioene, beter mediese sorg. Om nie eers te praat van Eskom se bonusse wat uitbetaal word nie, maar die belasting bepaler moet uithaal en wys. Jy praat van onderig wat verniet moet wees, 90% van julle mense betaal nie eers skoolfondse nie, so moenie met daai nonsens begin nie, dis klaar verniet, maar die kinders le in die strate in plaas van in die skole, die ouers is te blady sleg om na hulle kinders om te sien, maar hulle wil nog he, hoe meer hoe beter, meer subsidie van die staat af en die een maak die ander groot, lekker gerieflik as jy my vra. Jy sal moet ligloop ou maat, julle tyd is min, al die geleerde mense het is al land uit en julle mense word aangestel in posisies wat hulle geen geleerheid voor het nie, geen wonder als gaan teen gronde nie, word wakker, julle bluf julle self. Sit ons van ons plase af, dis reg, ons kry iets anders om ‘n sukses van te maak en ek dink dit is wat julle nie kan verdra nie. In plaas van iets opbou vir jou nageslag, breek julle net af, moor en verkrag, watse manier om ‘n voorbeeld vir die nageslag te wees, nou vra ek jou, hoe bou mens ‘n nasie met sulke mense.

H J Bester ·

Brampie, ek deel in jou frustrasie asook in jou siening van die soort van regering wat Malema op die oog het.

Malema se regeringstipe is bekend as ‘n samevoeging van sosialisme / marxisme / kommunisme. Hoe dit ookal sy, genoemde regerinsvorme is gedurende die jongste dekades wêreldwyd toegepas en was nêrens suksesvol nie. Inteendeel, menige lande wat dit toegepas het, is gedompel in groot ekonomiese en maatskaplike ellende.

Dit is hoogs onwaarskynlik dat Malema en sy EFF-party ooit aan bewind sal kom maar sou dit wel gebeur, sal dit totale verval van alle ekonomiese en maatskaplike strukture in Suid-Afrika teweeg bring.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.