“Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens word aanhoudend gebruik deur diegene in die regerende party wat bang is om die EFF en sy opperbevelvoerder op die stembrief te ontmoet,” het Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die party, in ʼn verklaring gesê. “Verder word daar gepoog om vegter Julius Malema, die mees dinamiese en radikale verteenwoordigende stem van die benadeeldes, te diskwalifiseer om in die parlement te dien.” Malema is vroeër vandag voorlopig gesekwestreer.
Malema en enigiemand anders wat nie wil hê dat die sekwestrasie gefinaliseer moet word nie, het tot 10:00 op 26 Mei tyd om redes daarvoor te verskaf. Malema was nie self in die hof gewees nie. Volgens hofdokumente skuld Malema R16 miljoen plus rente aan die SAID nadat hy tussen 2006 en 2010 nie sy belastingopgawes ingedien het nie. Die SAID het Malema reeds in 2010 gekontak oor sy versuim om belastingopgawes in te dien en ondanks talle pogings van die SAID, het dit hom steeds 18 maande geneem om sy uitstaande opgawes in te dien.
Lees ook:
Malema voorlopig gesekwestreer
Malema in hof oor sekwestrasie
Koper kan glo nie Malema-huis betaal nie
Malema-huis: Nuwe eienaar dalk óók in sop by SAID
Malema se Polokwane-huis verkoop
Nóg ‘n Malema-huis verkoop
Malema se plaas verkoop
Malema se plaas ook onder die hamer
Malema-huis vir bykans R6 miljoen verkoop
Halfgeboude Malema-huis het selfs ʼn bioskoop
Julius se Sandown-huis onder die hamer
Malema se huis dalk binnekort opgeveil
Taksman steeds op Malema se spoor
Dit kan hom uit die parlement hou, maar dit sal nie sy bek stil hou nie.