EFF: ‘Zuma ʼn kulturele chauvinis’

President Jacob Zuma

President Jacob Zuma

President Jacob Zuma is ʼn kulturele chauvinis wat dink vroue moet onderdanig wees aan mans en nie as gelykes behandel moet word nie, het die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) Sondag gesê.

The Star het Vrydag berig dat Zuma gesê het hy sal met ʼn Venda-vrou trou as hy nie al reeds met vier vroue getroud was nie, aangesien hulle “selfs gaan lê om respek te betoon aan ander mense.” Volgens die berig het hy vroeër vandeesweek honderde mense by Impendle in KwaZulu-Natal toegespreek waar hy die belangrikheid van respek beklemtoon het. Zuma het gesê jong vroue en mans moet selfrespek hê en ander respekteer. “Toe ek onlangs in Venda was, was ek so beïndruk om te sien hoe mense daar ander mense respekteer. ʼn Vrou sou haar hande klap en selfs gaan lê om respek te betoon,” het Zuma glo gesê.

“Hoe verduidelik jy die realiteit dat van so baie aspekte van die byeenkoms wat hy bygewoon het, die enigste aspek wat in president Zuma se gedagtes bly die moontlikheid van ʼn huwelik is?” het Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, gevra. “Hierdie idee is heeltemal problematies en versterk geslagsstereotipes en geslagsongelykheidspraktyke wat ingeburger is in die Suid-Afrikaanse samelewing.” Ndlozi sê vroue moet aan gedink en behandel word as gelykes en nie onderdanige huwelikskandidate wat altyd moet kniel en op die vloer lê vir hulle mans nie. “Die bereiking van politieke vryheid en die vestiging van ‘n grondwetlike bestel beteken dat alle mense gelyk is, ongeag van geslag, en met respek behandel moet word.” Hy sê die EFF dring daarop aan dat Zuma om verskoning vra vir sy seksistiese uitlatings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.