Effense afname in toerisme

Die aantal mense wat deur Suid-Afrika se grensposte kom is laer as 2011.

Sowat 2.8 miljoen mense, insluitend Suid-Afrikaners en buitelanders het sedert die begin van Desember deur immigrasie beweeg, het die departement van binnelandse sake Dinsdag gesê. Dié getal is sowat 3% minder as 2011 se 2.9 miljoen oor dieselfde periode.
Volgens die departement is die buitelanders wat die land tydens die vakansieseisoen verlaat onderskeidelik van Mosambiek (12 013), Zimbabwe (11 650), Lesotho (11 169), Botswana (3 210), Verenigde Koninkryk (1 268), Namibië (853), Duitsland (754), Verenigde State van Amerika (736) en Zambië (665) afkomstig.

Die departement het ook die aankoms van buitelanders tydens die feesperiode gemonitor. Van dié toeriste was 8 196 van Lesotho, 5 152 van Zimbabwe, 3 748 van Swaziland, 3 079 van Botswana, 3 028 van Mosambiek, 1 959 van die Verenigde Koninkryk, 1 438 van Duitsland, 1 302 van die Verenigde State van Amerika, 905 van Namibië en 832 van Nederland afkomstig.

Die sewe grensposte met die meeste aktiwiteit was by OR Tambo Internasionale Lughawe, Beitbrug, Lebombo, Ficksburg, Maseru-brug, Oshoek en Kaapstad Internasionale Lughawe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.