Egipte se nuwe president aangewys

Adly Mansour, die nuwe tussentydse president van Egipte

Adly Mansour is Donderdag as Egipte se tussentydse president aangewys nadat die weermag die voormalige president, Mohamed Morsi, Woensdag ontsetel het.

Mansour het die ampseed tydens ʼn seremonie in die hoogste grondwetlike hof afgelê. “Ek beloof om die stelsel van die republiek te bewaar, die grondwet en wet te respekteer en die mense se belange te beskerm,” het hy gesê.

Morsi is verlede jaar as president aangewys. ʼn Senior militêre beampte het aan AFP gesê die weermag hou Morsi “as ʼn voorkomingsmaatreël” aan. Morsi se regering is die nekslag toegedien nadat die weermag hom ʼn 48-uur ultimatum gegee het tydens hewige betogings teen hom op 30 Junie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.