Egpaar, baba vasgekeer in sneeu

Paramedici van ER24 wat in die sneeu vasgekeer is het die foto geneem.

ʼn Egpaar en hul ses maande oue baba is in hul motor in die sneeu vasgekeer voor die Mooirivier-tolhek op die N3 in KwaZulu-Natal.

Volgens ER24 het die gesin van Johannesburg na Durban gery toe hulle motor in die dik sneeu op die pad vasgeval het, etlike kilometers voor die tolhek. Die egpaar het paniekerig geraak aangesien hulle nie meer kos vir hul baba by hulle het nie en die pa asmaties is. Paramedici van ER24 se Pietersburg-tak is ontbied om die egpaar en hul baba te red. Paramedici het egter ook in die sneeu vasgeval en was teen 6:00 Woensdagoggend steeds vasgekeer. Volgens paramedici is daar sowat 100 voertuie voor hulle in die sneeu vasgekeer. Die weermag is glo ook ontbied om te help om die vasgekeerde motors te verwyder. Paramedici van ER24 se inbelsentrum is intussen in kontak met die egpaar om hulle kalm te hou en vir hulle advies te gee oor hoe om die situasie te hanteer. In die stadium is dit nog nie duidelik hoe lank paramedici sal vat om by die egpaar en hul baba uit te kom nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.