Egpaar bedank glo na gebaretolk-debakel

barack obama en tolk gedenkdiensTwee ANC-werknemers wat verbind word aan die bedrieglike gebaretolk wat ʼn oproer veroorsaak het tydens oud-pres. Nelson Mandela se gedenkdiens, het glo bedank.

“Hulle het bedank, hulle is nie afgedank nie,” het Keith Khoza, ʼn woordvoerder van die ANC, Dinsdag gesê. “Hulle het geen redes verskaf nie. Hulle het net hul bedankingsbriewe ingehandig. Dit het in Desember ná die voorval plaasgevind.”

Khoza het op ʼn artikel in The New Age reageer waarin berig word dat Jackson Mthembu, die nasionale woordvoerder van die ANC, se persoonlike assistent, Cikizwa Xozwa, en haar man, ds. Bantubahle Xozwa wat die hoof is van die ANC se godsdienstige en tradisionele sake, afgedank is.

Die egpaar is glo die eienaars van die maatskappy waar die gebaretolk, Thamsanqa Jantjie, gewerk het.

Na Mandela se gedenkdiens op 10 Desember het Jantjies aan verskeie mediagroepe gesê dat hy ʼn skisofreniese episode gehad het waarin hy engele gesien het, en dat hy paniekbevange geraak het toe besef hy is omring deur gewapende polisiebeamptes.

– SAPA

Lees ook:
Video: Gebaretaaltolk erken hy is “die groot bedrieër”
Gebaretaaltolk in psigiatriese hospitaal opgeneem
Gedenkdienstolk: “Ek tolk al jare lank”
Mandela-diens: Gebaretaaltolk werk vir ANC-man 
Gebaretaaltolk: NVG kry nie hofdokumente nie
Mandela-diens: Gebaretaaltolk aangekla van moord
Regering “nie verleë” oor gebaretaaltolk
Gedenkdiens-tolk beweer hy is skisofrenies
Mandela-diens: Tolk was ‘n “bedrieër”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.