‘n Egpaar is dood en hul eenjarige ernstig beseer toe hul kabelkarretjie in Switzerland ontspoor het.
“Die ongeluk het Saterdagmiddag plaasgevind toe die karretjie teen die heuwel by Alp Baerlaui af gereis het,” het die polisie in sentraal Schwyz gesê. Die karretjie het sowat 900m van die stasie af ontspoor en ongeveer 30 meter ver geval.
Die egpaar het tydens die val noodlottige beserings opgedoen. Die baba, wat in ‘n rugsak gedra is, is beskerm teen die ergste impak, maar het ernstige beserings opgedoen.
Volgens die polisie is die kabelkarretjie ontwerp om goedere te vervoer, en nie mense nie. Dit is nog nie dadelik duidelik wat die ongeluk veroorsaak het nie.
Ai Shame!
Terrible verby ! Arme kind :-(