Egpaar dood gevind

crime-scene-tape-320x191ʼn Egpaar is Dinsdag dood aangetref in hul huis in Fichardt Park in Bloemfontein in die Vrystaat.

Kapt. Chaka Marope, woordvoerder van die polisie, sê die egpaar se 27-jarige seun het Dinsdag by sy ouers se huis aangekom en aan die deur geklop maar daar was geen antwoord nie. Die egpaar se motors het in die oprit gestaan. Marope sê die man het die polisie ontbied. Die polisie het met hul aankoms die voordeur oopgebreek. Marope sê die 56-jarige pa en 42-jarige ma is in ʼn plas bloed gevind. Die pa se rewolwer is in sy regterhand gevind. “Daar word vermoed dat die man sy vrou doodgeskiet het en hierna selfmoord gepleeg het.” Marope sê die motief vir die moorde is nog nie bekend nie. ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Amy ·

Dis ongelukkig weer die tyd van die jaar (as die ‘n gesinsmoord was). Mense kan en wil nie meer nie. My hart gaan uit na die vriende en familie van die egpaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.