Egpaar het agt jaar op baba gewag

Nagwaak vir Wiehan Botes en sy dagmoeder. Lees meer hier.

Wiehan Botes saam met sy pa Wiets. Foto: Facebook

Wiets en Rita Botes het agt jaar lank op hul seuntjie, Wiehan, gewag wat gister saam met sy dagmoeder in Delmas in Mpumalanga vermoor is.

Beeld berig dat die vyf maande oue Wiehan en Magrietha de Goede (66) albei vermoedelik verwurg is. Cobus Fourie, ʼn lid van die plaaslike buurtwag, het aan Beeld gesê dat Rita hul gevra het om ondersoek in te gaan stel by die huis nadat De Goede nie haar foon geantwoord het nie. Volgens Fourie het hulle ʼn 18 maande oue baba hoor huil en ʼn venster gebreek om toegang tot die huis te kry. Díé baba is ook deur De Goede opgepas en is die kind van ’n ander ouerpaar. Wiehan se lykie is onder ʼn bed in die slaapkamer gevind terwyl De Goede se lyk onder ʼn mat in ʼn buite-stoorkamer gevind is. ʼn Polisiewoordvoerder, kol. Leonard Hlathi, sê ʼn grootskaalse soektog na die moordenaars is aan die gang.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Petra ·

Verskriklik !! omg ! Watter “iets” maak ‘n baba so dood?????

Mike ·

Wie nou nog die sinkende NP/DA/ANC skip probeer red moet sy kop laat lees. Hierdie gebeure is maar net nog een van die talle wat al gebeur het en waaroor daar lank voor die 94 verkiesing gewaarsku is. Ek eer ware leiers soos Jaap Marais, Ferdi Hartzenberg, Andries Treurnicht, Hendrik Verwoerd en andere wat visie gehad het.

Vandag is daar geen ware leier wat bereid is om na vore te tree om sy standpunt eerlik en reguit te stel nie. Hierdie lafhartige moorde sal nie ophou as jy na die huidiege en toekomstige omstandighede in SA kyk nie inteendeel dit kan net vererger. Hopelik as ons eendag die die taal gered het wat nou blyk belangrikker te wees as menselewens sal daar nog afrikaners oorbly om dit te kan praat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.