Egpaar in huis vermoor, seun gewond

ʼn Egpaar is Donderdagoggend in Tongaat in KwaZulu-Natal doodgeskiet en hulle seun is gewond.

ʼn Polisiewoordvoerder, kol Jay Naicker, sê die sakeman Balaram Reddy (56) en sy vrou Maliga (52) is in hulle slaapkamer oorval en doodgeskiet. Die egpaar se seun Nivashin (27) is in die rug geskiet en verskeie kere met ʼn skerp voorwerp gesteek. Hy is in ʼn ernstige maar bestendige toestand in die hospitaal. Naicker sê die gesin het glo geslaap toe drie gewapende mans ʼn agterdeur oopgebreuk het en toegang tot die huis gekry het. Hy sê die motief vir die moord is nog nie bekend nie en dit is ook nie seker of iets gesteel is nie. Naicker sê die polisie ondersoek twee sake van moord, ʼn saak van poging tot moord en een van roof. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.