Egpaar in Nelspruit aangeval

Martin Pelser (37) en sy swanger vrou, wat glo ʼn tweeling verwag, is Dinsdagaand op hul kleinhoewe in Nelspruit oorval en erg aangerand. Die vrou is glo herhaaldelik met ʼn skokstok op haar maag geskok en Martin met ʼn haelgeweer se agterkant geslaan.

Volgens sersant Gerald Sedibe, ʼn woordvoerder van die Mpumalanga-polisie, het drie gewapende mans Dinsdagaand omstreeks 18:00 by die Pelser-egpaar se kleinhoewe, Renosterkop, opgedaag. Hulle het eers die tuinwerker oorval en vasgebind en toe by die huis ingebreek. Hulle het die egpaar met ʼn vuurwapen aangehou en geld geëis. Die egpaar is daarna aangerand.

Volgens gerugte het die mans glo ʼn haelgeweer en skokstok gehad. Daar is glo gepoog om te skiet maar vir een of ander rede het die skoot nie afgegaan nie. Martin is daarna herhaaldelik met die agterkant van die geweer geslaan en sy vrou op haar maag geskok. Haar naam is nog nie bekend nie.

Sedibe het aan Maroela Media gesê die tuinwerker het intussen losgekom en hulp van die bure ontbied, terwyl die mans nog in die huis was. Die buurman het opgedaag en skote gevuur, waarna die verdagtes te voet gevlug het. Die mans het glo slegs met die egpaar se voertuigsleutels weggekom.

Volgens Sedibe is die paartjie in ʼn ernstige toestand in die hospitaal. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sanet de Klerk ·

Klaar soos Zim. Ons land is net groter en bevolking meer daarom is dit nie so sigbaar soos in Zim nie

Sanet de Klerk ·

Dit is agv hulle dat ek in n ander land sit. Kan daar nie iets gedoen word nie, dit word net by die dag erger en stadig onder ons neuse neem hulle die land oor. Elke dag n biekie sonder dat iemand dit agterkom tot een oggend as jy opstaan is dit verby. My hartseer en gebede is met die arme mense. Bid vir hulle en almal in Suid Afrika

estelle ·

Ek dink dit sal maar almal se voorland wees om n heenkome in n ander land te suk…en die klomp gemors in SA te los sodat hulle mekaar verder kan uitwis..Zuma mut een ding begin besef…AS DIE WIT MENSE UIT SA TREK VAT ONS AL ONS GELD SAAM EN DAN OU GROTE MUT JY MAAR VERDER BY JOU SWART BURGERS STEEL!!!! Die rassistiese moorde ‘black on white’ is uit en uit op die wit mense gerig…so wittes van SA ‘kom ons begin maar die uittog na wie weet waar…

elna myburgh ·

Dit is regtig besig om nou hand uit te ruk!! Ek en my man bly ook op dieselfde pad uit as hierdie mense, wie se wanneer is dit ons beurt? Nerens is ons meer veilig nie!! En skiet jy die bliksems dood, word jy aangekla van moord! Wel, een ding is seker, hulle moet my maar aankla, ek sal skiet vir dood!!

Edwin ·

Volksmoord- Genocide:

a. Killing members of the group;
b. Causing serious bodily or mental harm to members of the group;
c. Deliberately inflicting on the group conditions of life calculated to bring about its physical destruction in whole or in part;
d. Imposing measures intended to prevent births within the group;

Die ANC het die Roomse Statuut in 1998 onderteken. Gaan lees, en kyk of hierdie voldoen aan wat presies hier in S.A. gebeur

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.