Egpaar oorlede in Noordwes-ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Egpaar is dood en hul twee kinders ernstig beseer toe hul motor op die N4 buite Swartruggens teen ʼn boom vasgery het, het die Noordwes departement vir openbare veiligheid Maandag gesê.

Woordvoerder Lesiba Moses Kgwele sê die 30-jarige vrou het glo Sondag in Moedwil beheer oor die voertuig verloor en dit het van die pad afgery, ʼn boom getref en toe omgeslaan. “Ons vermoed die bestuurder wou vir iets uitswaai, aangesien haar bandmerke op die pad aandui dat sy eers rem getrap het voordat sy beheer oor die kar verloor het,” het hy gesê. Die vrou en haar man is albei dood. Hul 13-jarige dogter en vyf-jaaroue seun is met ernstige beserings na die Ferncrest Hospitaal in Rustenburg afgevoer. Die gesin was van Mahikeng na Centurion op pad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.