Egpaar oorval verkragter

ʼn Verkragter is deur sy slagoffer en haar man oorval en aan die polisie oorhandig.

Kapt. Jackson Manatha, ʼn polisiewoordvoerder, sê die 32-jarige vrou en haar man het geslaap in hulle huis in die Ibika-township naby Butterworth in die Oos-Kaap toe hulle ʼn geluid gehoor en gesien het daar is ʼn man in hulle huis. “Hy het aan hulle gesê om stil te bly. Die egpaar het gehoor gegee waarna hy hulle van hulle selfone beroof het en die vrou voor haar man verkrag het.” Die man het die verkragter oorval terwyl hy besig was om sy vrou te verkrag. “Die man het met die hulp van sy vrou die verdagte oorval en die polisie ontbied.” Die 30-jarige verdagte is na die Butterworth-hospitaal geneem vir behandeling waarna hy ontslaan en in hegtenis geneem is. Hy sal na verwagting vandag in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.