Egpaar in Oos-Kaap beroof, vrou doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 49-jarige vrou is Sondag doodgeskiet en haar 50-jarige man gewond tydens ‘n rooftog by hul huis in Qwe-Qwe, Mthatha.

“Die man is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem in ʼn ernstige, maar stabiele, toestand,” het lt.kol. Mzukisi Fatyela, woordvoerder vir die polisie in die Oos-Kaap, gesê.

Twee gewapende mans het by die egpaar se huis ingebreek en hul twee selfone en R300 kontant gesteel voordat hulle op die egpaar losgebrand en gevlug het.

“Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en ons ondersoek nog die motief vir die moord,” het Fatyela gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Rieks ·

Wat ‘n lae prys vir ‘n mens se lewe… Vat die fone en vat die geld MAAR hoekom mense vermoor? Geen respek ooit gehad nie nou des te meer het ek GEEN respek vir die regering wat nie wet en orde kan toepas nie en wat “moord en doodslag”goedkeur?!?! Geen manier om dood te gaan nie!

william ·

Dit is wat gebeur wanneer n land oorhandig word aan mense wat nog in die steentydperk leef.Wie is in beheer van die land? Die president self het meer as 700 aanklagte teen hom en hy moet die voorbeeld stel. Afrika is een groot tragedie waar die reel van die oerwoud nog geld.

william ·

Sedert 1994 het hierdie land verval in tipiese Afrika styl. Hulle idee van vryheid is dat jy kan maak net wat jy wil ,wanneer jy wil. Verantwoordelikheid en aanspreeklikheid figureer glad nie in hulle denke nie. Hoe kan jy n land opbou met sulke houdings. Hoe kan ek n president respekteer wat 700 aanklagte teen hom het?N lewe is niks werd in hulle oe nie. Ek het geen hoop vir hierdie land nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.