Egpaar sterf in gru-ongeluk

ʼn Man en vrou is dood nadat hulle motor teen ʼn vragmotor gebots het op Sea Cow Lake weg net voor die Kenville weg wisselaar in Durban in Kwazulu-Natal.

Die bestuurder van die vragmotor het glo beheer verloor voor hy die egpaar se motor aan die bestuurderskant getref het en dit teen ʼn muur vasgepen het. Die man en vrou in die motor is met meganiese toerusting uit die motor verwyder en op die toneel begin behandel. Die man het kort hierna op die toneel beswyk. Sy vrou het ook kort daarna gesterf. Die bestuurder van die vragmotor is lig beseer en na die Addington hospitaal vervoer vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.