Egpaar sterf in motorfietsongeluk

Argieffoto

‘n Egpaar is Sondag in ‘n motorfietsongeluk op die R563 Hekpoort-pad naby Krugersdorp dood.

“Die egpaar, beide in hul laat 40s, het op die motorfiets gery toe die man om ‘n draai beheer verloor het oor die fiets en hulle geval het,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, gesê. “Beide is op die toneel dood. ‘n Vriend, wat agter hulle gery het, het ook geval. Die man is in ‘n kritieke toestand en is vir verdere behandeling na ‘n hospitaal geneem.”

Botha sê die polisie is op die toneel en ondersoek die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

maria wilsnagh ·

Callie Wilsnagh en Alda Naude Wilsnagh. Het hul aardse huis veruil vir n Hemelse Huis En Johan Leibach was die ander biker. Dankie vir amal se bystand. Gaan my boetie en sy vroutjie mis. Begrafnis roudiens 12 uur Mosaiek gemeente

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.