Egpaar sterf saam ná hul gif drink

ʼn Geregtelike doodsondersoek is in Noordwes van stapel gestuur nadat ʼn egpaar, in hul 60s, Maandagoggend dood in hul huis aangetref is.

Kapt. Amanda Funani, ʼn polisiewoordvoerder, sê die egpaar is omstreeks 11:30 deur ʼn familielid in hul huis in Molelema in Taung aangetref. “Die familielid het op hul liggame afgekom. Die 62-jarige vrou en haar 65-jarige man was Sondagaand omstreeks 18:00 vir die laaste keer gesien toe hulle na ʼn kroeg toe gegaan het,” het Funani gesê.

Daar was geen sigbare wonde aan die egpaar nie. Die polisie vermoed egter vuilspel omdat daar bloed by hul monde uitgeloop het. “Daar word vermoed dat die slagoffers moontlik dood is nadat hulle ʼn giftige vloeistof ingekry het. Hulle het tradisionele bier gedrink voor hulle dood aangetref is,” het Funani bygevoeg. Daar was nie tekens van ʼn worsteling of geforseerde toegang nie.

ʼn Nadoodse ondersoek word gedoen. Die saak kan tot ʼn klagte van moord lei sodra die uitslag bekend is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.