Egpaar wreed aangeval na motor onklaar raak

ʼn Man en sy vrou is verskeie kere met ʼn mes gesteek nadat hulle by die Blackburnbrug naby Umhlanga in KwaZulu-Natal gaan staan het nadat die man se motor onklaar geraak het.

LookLocal berig dat die egpaar omstreeks 23:30 Woensdagaand in verskillende motors agter mekaar aangery het toe die man se motor onklaar geraak het. Die egpaar is deur ʼn onbekende aantal mans aangeval en die man is 16 keer met ʼn mes gesteek en het beserings aan sy kop opgedoen. Die vrou is twee keer in die maag en been met die mes gesteek. Die paartjie is van hulle selfone en ʼn skootrekenaar beroof. Verlede week is ʼn vragmotorbestuurder ook met ʼn mes gesteek en van sy besitting beroof by die Blackburnbrug. Daar was die afgelope maande ook verskeie voorvalle van klippe wat op motors gegooi word wanneer hulle onder deur die brug ry. Die reuse voetgangerbrug is naby ʼn informele nedersetting geleë.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Antjie Meyer ·

Hoekom dink julle vlug die mense uit Suid-Afrika na ander oorsese lande, dit is omdat die blankes onveilig voel. ‘n Mens kan nie eers meer in die aand langs die pad stilhou nie of laat in die aand by jou huis aankom sonder dat jy bedreig word nie. Wat word van ons land. Kan daar nie iets gedoen word aan hierdie hele situasie nie.
Die ou klokreel jare terug was so wonderlik, toe kon ons as kinders nog buite speel en gaan “window” shopping doen, nou moet jy jou rug hol maak en oor jou skouer loer die hele tyd.
Ag nee, wat word van die sorgelose lekker lewe in Suid-Afrika???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.