Eiffel-toring ontruim ná bomdreigement

eiffel-toringDie Eiffel-toring is Sondag ontruim ná ʼn telefoniese bomdreigement.

ʼn Bron van die polisie het bevestig dat die gebied ontruim is en dat die gebied deur sekuriteitsmagte omring is, maar wou nie verdere besonderhede oor die dreigement verskaf nie.

Dié toeristeaantreklikheid in Parys, Frankryk, word gereeld weens bomdreigemente ontruim. Twee voorvalle het vanjaar reeds op 30 Maart en 9 Augustus plaasgevind.

Die monument is op 18 Junie vir twee ure lank gesluit nadat ʼn man gedreig het om selfmoord te pleeg.

Die Eiffel-toring is die wêreld se grootste toeristeaantreklikheid en word daagliks deur meer as 32 000 toeriste besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.