Eiffeltoring getooi in SA-vlag se kleure

Die Eiffeltoring in Parys, Frankryk, pronk vir die volgende paar aande in die kleure van die Suid-Afrikaanse landsvlag.

Suid-Afrika en Frankryk het ʼn kultuuruitruilooreenkoms, ingevolge waarvan die lande elke jaar om die beurt ʼn kultuurfees in die ander land aanbied.

Die Suid-Afrikaanse kultuurfees het 27 Mei in Frankryk afgeskop, en een van die hoogtepunte was toe die Eiffeltoring om 23:00 met die kleure van die Suid-Afrikaanse vlag verlig is. Die Eiffeltoring gaan nog tot 2 Junie snags met die reënboogkleure verlig word.

Die Franse seisoen het verlede jaar van Julie tot November in Suid-Afrika plaasgevind en meer as 100 geleenthede is gehou om dit te vier. Suid-Afrika se seisoen in Frankryk gaan tot Desember regoor die land onder andere gevier word deur 30 uitstallings, 35 werkwinkels, 50 rolprente, 100 konserte, 150 Suid-Afrikaanse wynproe-sessies en 250 dans- en teaterstukke. Meer as 800 kunstenaars, navorsers en ander deelnemers verteenwoordig die land in die tydperk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.