Eiffeltoring ontruim ná bomdreigement

Eiffeltoring

Sowat 1 400 besoekers aan die Eiffeltoring in Parys, Frankryk, is Saterdag ontruim nadat ‘n anonieme bomdreigement ontvang is.

Die wêreldberoemde monument is weer vir die publiek oopgestel nadat die polisie, ná ‘n twee en ‘n half urelange soektog, geen verdagte voorwerpe opgelewer het nie. Die telefoonoproep is uit een van Parys se voorstede gemaak en die dreigement was vir Saterdagaand om 21:30. Die polisie se teen-terrorisme-beamptes ondersoek steeds die voorval. Bomdreigemente teen monumente en openbare plekke gebeur gereeld in Parys, maar elkeen word in ‘n baie ernstige lig beskou. Sekuriteit is regoor Frankryk opgeskerp weens dreigemente teen die land oor sy militêre veldtog teen Islamiste in sy voormalige kolonie, Mali.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.