Eihatsu Maru: Vistreiler uiteindelik vry

Foto: NSRI

Die vistreiler, Eihatsu Maru, is uiteindelik Vrydag omstreeks 15:30 terug die see in nadat dit amper ʼn week lank sowat 20 meter van die kuslyn van Clifton se Eerste Strand gestrand was.

Die 50-meter lange vistreiler het vroeg Saterdagoggend as gevolg van digte mis gestrand. Verskeie pogings om die treiler weer vlot te kry is deur slegte weer en sleeptoue wat twee keer gebreek het, in die wiele gery.

Die vistreiler is uiteindelik die see in nadat van die brandstof uitgepomp is om dit ligter te maak.

Volgens die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het die skare gejuig toe die vaartuig na twee ure se gesukkel tydens hooggety uiteindelik deur ʼn sleepboot die see ingetrek is.

Sien meer foto’s hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.