Einde van kinderarbeid nog lank nie in sig

kinderarbeidDie hoeveelheid kinderarbeiders het die afgelope 13 jaar van 246 miljoen tot 168 miljoen afgeneem. Van dié kinders doen 85 miljoen gevaarlike werk. Dit het afgeneem van 171 miljoen in 2000.

Guy Ryder, direkteur-generaal van die Internasionale Arbeidsorganisasie (IAO), wat die statistiek bekendgemaak het, sê daar word wel in die regte rigting beweeg, maar die vordering is nog te stadig.

Die IAO se doelwit is om kinderarbeid in gevaarlike rigtings, veral in die landbou-, mynbou- en konstruksiebedrywe teen 2016 uit te roei. Nagenoeg 11% van die wêreld se kinders werk eerder as om skool toe te gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

vuurvreter ·

Oral in S.A doen kinders ook kinderarbeid. Kyk op die plase en in die stad. Oral sien jy kinders werk wat nog in die skool moes gewees het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.