“Ek haat hulle,” sê ma van ‘satanistiese ritueel’-slagoffer

Kirsty Theologo

Twee van die ses mense wat daarvan beskuldig word dat hulle twee meisies aan die brand gesteek het tydens ʼn beweerde satanistiese ritueel, wil ʼn pleitooreenkoms met die staat aangaan.

Die saak is Dinsdag uitgestel aangesien daar steeds gewag word vir die direkteur van openbare vervolging om te besluit oor ʼn moontlike pleitoorenkoms vir twee van die beskuldigdes, Lester Moody (18) en Jeremy King (18). Die saak is tot 29 Maart uitgestel. Kirsty Theologo (18), haar 14-jarige vriendin en die ses beskuldigdes het glo op 21 Oktober by die koppies agter The Glen-winkelsentrum bymekaargekom. Theologo is glo later met petrol gegooi en aan die brand gesteek. Haar vriendin het ook glo aan die brand geraak terwyl sy Theologo probeer help het. Theologo het later aan haar wonde beswyk. Lindon Wagner, 21, Robin Harwood, 18, Harvey Isha, 23, Moody en King sal in aanhouding bly. Hulle is in November verlede jaar borgtog geweier. Die sesde beskuldigde, ʼn 15-jarige meisie, is vroeër in die sorg van haar ouers vrygelaat.

Theologo se ma, Sylvia, het Dinsdag vir die eerste keer die hofverrigtinge bygewoon. “My dogter het my ondersteuning nodig. Ek is nou sterker en wil hier vir haar wees.” Sy het ook vir die eerste keer die vyf beskuldigdes gesien sedert die moord. “Ek haa hulle. Ek weet ek moet nie, maar ek doen. Hulle was goeie seuns.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.