‘Modimolle-monster’: “Ek het jou lief, daarom martel ek jou”

Johan Kotze Foto: thenewage.co.za

Ina Bonnette, vervreemde vrou van die sogenaamde ‘Modimolle-monster’, Johan Kotze, het Dinsdag in die Noord-Gautengse hof oor die voorval getuig.

Bonnette het vertel hoe Kotze bly sê het hoe lief hy haar het terwyl hy haar gemartel het, berig EWN. Kotze het glo drie mans, Andries Sithole, Peter Mohlako en Sello Mphaka gehuur om Bonnette te verkrag en haar seun, Conrad Bonnette te vermoor. Die vier mans staar sewe aanklagte, waaronder moord en poging tot moord, in die gesig.

Bonnette sê nadat sy vasgebind is, het Kotze gesê dat hy wil hê sy moet weet hoe dit voel om seks met swart mans te hê. Sy sê Kotze het haar beledig en gesê sy het sy lewe ruïneer, voordat hy gesê het hoe lief hy haar het. Dit het glo alles gebeur terwyl sy gemartel is.

Bonnette het toe beskryf hoe Sithole, Mohlako en Mphaka haar om die beurt verkrag het. Sy het gehoor toe Conrad by die huis aankom. Bonnette het Kotze gesmeek om sy lewe te spaar, net voordat hulle hom doodgeskiet het.

Sy het die heeltyd trane weggevee terwyl sy getuig het.

Lees ook:
“Hy het my kind vrek geskiet”
‘Modimolle-monster’: Vermoorde seun se vriend getuig
‘Modimolle-monster’ weier om te pleit
‘Modimolle-monster’: Ina sal moontlik eerste getuig
‘Modimolle-monster’: Verhoor begin
‘Modimolle-monster’ geskuif ná selmaats kla
‘Modimolle-monster’ geskik vir verhoor
‘Modimolle-monster’ weer agter tralies
‘Modimolle-monster’ bly langer in Weskoppies
‘Modimolle-monster’: Saak uitgestel, alle name nou bekendgemaak
‘Modimolle-monster’: Nog twee verdagtes verskyn in hof
‘Modimolle-monster’: Vierde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Derde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Vervreemde vrou vertel
‘Modimolle-monster’: “Ek wou haar net klein bietjie seermaak”
‘Modimolle-monster’: Hoe hy vasgetrek is
‘Modimolle-monster’ uiteindelik gevang

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Brenda ·

Siek verskoning vir lewe!! Hy is ‘n suurstof-dief en verkwister van belastingbetalers se geld. Bring terug die doodstraf- hy moet hang!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.