“Ek het verkrag omdat ek verveeld was”

‘n Gevangene wat voordeel getrek het uit president Jacob Zuma se spesiale vonnis-omskakeling is weer in hegtenis geneem nadat hy glo by ‘n vrou se huis ingebreek en haar verkrag het, glo omdat hy verveeld was.

Pretoria News berig dat die gevangene twee weke nadat hy vrygelaat is weer in hegtenis geneem is. Hy is op 8 Mei van ‘n gevangenis in Wepener in die Vrystaat vrygelaat en het na bewering op 22 Mei by die vrou se huis ingebreek en haar verkrag. Volgens die departement van korrektiewe dienste het die gevangene gesê hy het die misdade gepleeg omdat hy niks anders gehad het om te doen nie. Die gevangene, wie se naam nie bekendgemaak kan word voor hy gepleit het nie, is een van 37 783 gevangenes wat van verskeie tronke regoor die land vrygelaat is na Zuma hulle vonnisse omgeskakel het. Minstens 47 van die gevangenes is reeds weer in hegtenis geneem en word aangekla van onder meer moord, poging tot moord, verkragting, roof, aanranding, ontvoering, diefstal en die besit van dwelms.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.