“Ek is lief vir jou”

Burry en sy vrou Cherise op hul troudag. Foto: Twitter

“Ek is lief vir jou.” Dit was die bergfietsrykampioen Burry Stander sê laaste woorde aan sy vrou, Cherise, voor hy Donderdagmiddag dood is nadat hy deur ʼn taxi raakgery is tydens ʼn oefenrit in Shelley Beach aan die KwaZulu-Natalse suidkus.

“Burry het my gebel toe hy halfpad na Port Edward was. Hy was opgewonde om terug te kom huis toe. Ons het ons gesprek afgesluit deur ons liefde vir mekaar te bevestig,” het Cherise in ʼn verklaring gesê. Sowat ʼn uur later was Stander dood. Die ongeluk het ʼn paar honderd meter van die Concept Cyclery-fietswinkel in Shelley Beach, waar Stander se pa Charles gewerk het, plaasgevind. Hy is op die toneel dood. Hy het ernstige kopbeserings opgedoen en dit blyk dat hy sy nek gebreek het. Cherise sê sy koester nie ʼn wrok teen die taxibestuurder nie. “Burry was altyd paranoïes daaroor om verkeersreëls na te kom. Burry was altyd die een wat klem daarop gelê het dat ons versigtig en waaksaam moet wees.” Cherise sê sy weet daar is niks wat Burry kan terugbring nie maar dat sy hoop dat sy dood ʼn voorbeeld vir ander sal wees. Begrafnisreëlings vir Stander sal na verwagting Maandag bekend gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Poppie ·

Aan Cherise My innige meegevoel met die verlies van jou eggenoot. Ons dink aan jou en jou familie. Sterkte my kind. Van Conrad Venter en Familie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.