“Ek is sexy en ek weet dit”

Die 6-jarige D'Avonte Meadows

ʼn Ses-jarige seun is vir drie dae weens seksuele teistering uit ʼn Amerikaanse skool geskors.

Skoolbeamptes sê die seun. D’Avonte Meadows, is huis toe gestuur nadat hy ʼn reël uit ʼn gewilde pop-liedjie voor ʼn meisie aangehaal het. Die seun het glo aan die meisie gesê: “I’m sexy and I know it” [ek is sexy en ek weet dit]. Laerskool Sable het ʼn verklaring uitgereik om te sê dat hulle nie die saak kan bespreek nie, maar verwys na ʼn beleid van die skoolraad wat bepaal dat seksuele teistering beskou word as enige onwelkome vorm van seksuele nadering. Daar is geen ouderdomsbeperking hieraan gekoppel nie. KMGH-TV berig die seun word daarvan aangekla dat hy ander leerders ontwrig het. Hy is Woensdag huis toe gestuur. Die D’Avonte se ma, Stephanie Meadows, sê dit is die tweede keer dat hy in die moeilikheid kom weens dié woorde uit die liedjie. Hy het glo verlede maand dieselfde liedjie aan dieselfde meisie gesing. Tydens die onlangse voorval het hy blykbaar ook gedans. “Ek sal definitief met hom gesels om uit te vind of hy weet wat die liedjie presies beteken,” het sy gesê. Maar sy glo steeds nie dat haar seun se optrede skorsing regverdig nie. Sy betwyfel of hy enigiets van seksuele teistering weet. “Ek sou begrip hê as hy aan haar geraak het, of onder haar romp ingekyk het of onder haar hemp wou gekyk het. Dít is seksuele teistering. Ek is geskok. Die skool beskou hom asof hy pervers is, en dit is nie regverdig nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.