“Ek is spyt ek het my boetie vermoor”

Oupa Nkuna Foto: Elijar Mushiana

‘n Man van Limpopo wat glo oor die naweek sy broer in ‘n besope toestand vermoor het, se versoek om die begrafnisreëlings te tref, is deur die hof afgekeur.

Landdros E Potgieter het Maandag Oupa Nkuna se versoek in die landdroshof in Mokerong afgekeur en sy saak tot 19 Julie uitgestel om die polisie kans te gun om die saak verder te ondersoek, berig SowetanLIVE. “Die saak teen jou is ernstig en jy sal in aanhouding moet bly totdat ‘n formele borgaansoek ingedien kan word,” het Potgieter aan Nkuna gesê.

Nkuna (32) het beweer hy is spyt dat hy sy broer vermoor het en dat hy uit woede opgetree het. Hy het bygevoeg dat hy die broodwinner is en dat hy vir die begrafnis moet betaal. Nkuna, wat naby Mokopane bly, het homself Saterdag aan die polisie oorhandig nadat hy glo sy broer, Bethuel Nkuna (29) met ‘n mes doodgesteek het. Bethuel is in die maag, kop en pols gesteek.

Die twee broers het glo oor R200 gestry by ‘n kroeg naby hul huis. Bethuel, wat werkloos was, het glo Oupa vir R200 gevra. Oupa is werksaam in Pretoria. Die twee sou glo die geld aan drank spandeer het, maar Bethuel het toe die geld self spandeer. Oupa was ontsteld en ‘n stryery het ontstaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.