“Ek is te mooi om te werk,” sê vrou

Laura Fernee (33)

Laura Fernee, ʼn 33-jarige vrou van Notting Hill in Brittanje, is van mening dat haar skoonheid so uitsonderlik is, dat dit haar lewe versuur. Dit is so glo so erg dat sy uit haar werk moes bedank, het die Daily Mail berig.

Fernee, ʼn gegradueerde wetenskaplike, sê haar slank figuur en mooi gesig het gedurig onnodige aandag van haar manlike kollegas ontlok. Sy sê voorts sy is deur haar vroulike kollegas verstoot omdat hulle glo jaloers op haar skoonheid is. “My skoonheid het veroorsaak dat ek gereeld geteister en geboelie word en daarom het ek besluit om nie meer te werk nie,” het sy gesê.

Fernee bly nou by haar welaf ouers, wat sowat £2,000 (R30 000) ʼn maand aan haar verblyf en rekeninge betaal. Sy is tans besig om ʼn boek te skryf oor om “te mooi vir werk te wees”.

Sy sê: “Ek is nie lui of ʼn flerrie nie. Die waarheid is dat my skoonheid groot probleme vir my by my werksplek veroorsaak het. Dit is nie my skuld nie, ek kan nie help hoe ek lyk nie.”

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Somerset Morkel ·

DIS nou bollie, hierdie… Hoekom is nie ‘n filmster nie…?

net ekke van pretoria ·

AG ASB Dis nie mooi nie, Dis aandag soek. Kom bui vroumens

david ·

Yna sy moet waker skrik haar ouers ganie altyd da wees om haar op te piep nie

Bernie ·

As sy nou al so baie van haarself dink, wil ek nie weet wat sy gaan doen as sy eers vir n booblift was om haar boobs wat amper in haar middel hang soos n 33 jarige vrou sin te laat lyk nie.

Trishia ·

Aag asb vroumens……………… Jy is glad nie so mooi nie, jyt net n gewone gesig…………Hoekom is jy dan nie in Hollywood nie ? Jou Verbeelding loop weg met jou……….

Sankie ·

Hahaha!!!!!! dis so n lekker grappie. Mooi? waar sit dit? As sy mooi wil sien, gaan kyk na Lady Diana— dis wat mooi is.

Bets ·

Ware skoonheid is van nature. Hierdie is beslis nie!!! Dit is fake. Die die make-up is aangeplak en die hare dor van al die kleur? Nee wat sy is net te lui en teer op haar ouers. Ydelheid is een van die grootste sondes. Passop……. jy gaan baie hard aarde toe kom!!!!!

Melanie Smit ·

Ek wonder nogal waar sit haar mooi. Ek ken vrouens wat baie mooier as sy is. Ek dink net dis n flou verskoning om haar luiheid weg te steek en nou teer sy op haar ouers. As jy my vra het sy droog gemaak in haar werk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.