“Ek skuld SARS nie R15m nie, maar R27m,” sê Malema

Julius Malema. Foto: Werner Beukes/SAPA


Die voormalige president van die ANC-Jeugliga, Julius Malema, se familietrust skuld glo die Suid-Afrikaanse inkomstediens R15 miljoen, berig die Sunday Independent.
Die maatskappy On-Point Engineers, wat gedeeltelik deur die trust besit word, skuld glo ‘n verdere R3 miljoen.
Maar volgens Malema is dié syfers verkeerd – hy reken hy skuld R27 miljoen.
“Volgens my eie berekenings en die syfers wat hulle vir my gestuur het, is dit nie R15 miljoen nie, dis R27 miljoen. Ek verstaan nie hoe hulle by dié bedrag uitgekom het nie,” het hy glo gesê.
Malema sê hy is besig om die saak te hanteer. 
“Ons het geweet dit gaan gebeur, veral as jy ‘n politieke besluit teen die bedeling neem,” het hy glo gesê.
On Point se uitvoerende hoof, Lesiba Gwangwa, het die navrae hieroor na sy prokureur verwys, wat gesê het die maatskappy is nie bewus van die agterstallige belasting nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.