Ek is teleurgesteld in myself, sê Steve Hofmeyr

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Die video volg onderaan die berig. Steve Hofmeyr het Maandag vlugtig in die hof verskyn op aanklagte van roekelose of nalatige bestuur en die oorskryding van die spoedgrens.

Die Gautengse Hoëspoedeenheid het Hofmeyr op 19 Desember in hegtenis geneem nadat hy teen 169 km/h in ‘n 120 km/h-sone op die N4 gery het.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Ria Maritz ·

Dis die regte ding om te doen – ERKEN as jy fouteer het.

GawieM ·

Hy ry baie ander dinge ook te vinnig en dit KOS hom, maar soos jy sê hy herken en erken as hy te vinnig gery het.

GawieM ·

Ria inderdaad het hy ‘n wonderlike sin vir humor en is vir die Blanke Afrikaner meer werd as sommige sogenaamde Afrikaner aktiviste.
Griet ek stem saam met jou ook. Ek het inderwaarheid dit tong in die kies gesê vir julle twee dames se inligting.

Griet ·

Steve was nog altyd iemand wat erken het as hy gefouteer het. Eerlikheid bly maar altyd die beste. Alles wat mooi is vir 2014 Steve!

Vlekkie ·

Jip, ten minste erken hy dat hy verkeerd was, maar vir sy verweer die aan dop die televisie dat dit die eerste keer is wat hy so vinnig gery het? Dis ‘n leuen. Geen mens wat ‘n motor bestuur sal so spoed vir die eerste keer in jou lewe gaan ry nie, dit vat nogal bietjie oefen om sulke spoed te kan handhaaf en jou motor te beheer. Jammer Steve, ek glo nie daai een nie. En om buite die hof te wil skik, is ook nie fair nie. Die res van ons moet aan ons wette onderdanig wees. Ons weet ons mag nie jaag nie, so as ons gevang word, moet ons soos ‘n man die pak dra. Ons was per slot van rekening man genoeg om te jaag. Eerlikheid is nice, maar nie as dit kom nadat jy gevang is nie. Dan is dit ‘n verskoning.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.