“Ek wens Madiba wil sterf” sê prof. Jansen

Prof. Jonathan Jansen

Prof. Jonathan Jansen, die visekanselier van die Universiteit van die Vrystaat, het glo oor die naweek gesê hy wens oud-president Nelson Mandela wil tot sterwe kom.

“Wil julle nie ook hê dat hy moet sterf nie?” is die vraag wat hy Sondag tydens ʼn leierskapberaad by die kampus aan ʼn groep van nagenoeg 250 studente gestel het. Beeld berig die studente was merkbaar geskok toe hulle dié vraag hoor.

“Elke keer as ons hoor hy is in die hospitaal, dan dink almal hier is dit nou, hy gaan hierdie keer sterf. Big Mac (in verwysing na Mac Maharaj, die presidensiële woordvoerder) lieg as hy sê Madiba is in die hospitaal vir roetine-toetse. Wanneer ʼn mens 94 is, gaan jy na ʼn hospitaal om te sterf, nie vir roetine-toetse nie, ” het Jansen gesê.

Jansen se woordvoerder, Lacea Loader, het Sondag aan Beeld gesê Jansen het glo bedoel dat Madiba alleen gelos moet word sodat hy in vrede kan sterf.

Maharaj was ontsteld toe hy oor die aanmerkings in kennis gestel is. “Ek sal eers versigtig hieroor moet nadink voordat ek kommentaar gaan lewer,” het hy gesê.

Mandela is Saterdag uit die hospitaal ontslaan nadat hy vir nege dae lank in die hospitaal behandel is vir longontsteking. Lees meer hier.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.