Ekonomie knou Nobelprys

Vanjaar se wenners van die Nobelprys gaan nie meer ʼn volle miljoen Euro in die sak steek nie.

Weens die ekonomiese knyp gaan vanjaar se wenners 8 miljoen krone (byna 940 000 Euro’s of ongeveer R10 miljoen) kry, in plaas van 10 miljoen krone.

Die Nobelpryskomitee glo die wenners sal steeds die prys as gesog ervaar, al is die prysgeld effens minder.

Die komitee maak van volgende week af die wenners bekend. Die oorhandiging vind op 10 Desember plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.