Eksteen kry 30 jaar na moord op Matie

Jacobus Eksteen

Jacobus Eksteen is Maandag tot 30 jaar tronkstraf gevonnis weens die moord op Erin van Rensburg in 2009.

Eksteen (26) het Maandag in die Kaapse hooggeregshof skuldig gepleit op ‘n klag van moord, een van menseroof en een van verkragting. Regter-president John Hlope het hom tot 30 jaar effektiewe gevangenisstraf gevonnis as deel van ʼn pleitooreenkoms. Van Rensburg (20), ʼn Matie, is op 1 Junie 2009 die laaste keer lewend gesien. Haar lyk is op 3 Junie in ʼn duinegraf buite Elandsbaai gevind. Eksteen, toe ‘n finale-jaarstudent aan die Universiteit Stellenbosch, is ʼn dag voor die ontdekking in hegtenis geneem. Hy is daarvan aangekla dat hy van Rensburg beroof, aangerand, ontvoer, verkrag en vermoor het. Luidens die verslag van die nadoodse ondersoek is Van Rensburg aan versmoring dood.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.