Eksteen verskaf besonderhede oor moord

Jacobus Eksteen. Foto: www.eikestadnuus.co.za

Jacobus Eksteen het Erin Van Rensburg se hande, bene en voete vasgebind, volgens ‘n pleitooreenkoms wat Maandag in die Wes-Kaapse Hooggeregshof voorgelê is.

Eksteen, ʼn finale-jaarstudent aan die Universiteit Stellenbosch, is Maandag 30 jaar tronkstraf opgelê nadat hy Van Rensburg in Junie 2009 ontvoer, verkrag en vermoor het. Van Rensburg, ook ʼn Matie, het in Eksteen se woonstel gesterf nadat hy haar verwurg en toe verkrag het. Luidens die pleitverduideliking-dokument het hy haar lyk in ‘n reistas met wiele geplaas. Hy het toe daarmee van sy woonstel naby die Universiteit van Stellenbosch na Elandsbaai op die Weskus gery. Hy het haar lyk in ‘n vlak graf in die sandduine begrawe. Hy het die volgende dag eers na Franschhoek en toe na Durbanville gery om ontslae te raak van enige items wat hom moontlik met die moord kon verbind. Toe hy in Durbanville was, het hy ‘n oproep van die polisie gekry. Hy het teruggekeer Stellenbosch toe om die ondersoekbeampte te ontmoet. Hy het tydens ondervraging skuld op die moord beken en die polisie na die graf by Elandsbaai geneem. Francois van Zyl SC en adv. Sakkie Maartens, vir die verdediging, het gesê die pleitooreenkoms het die Van Rensburg-familie die trauma van ‘n verhoor gespaar. Van Rensburg se lyk is op 3 Junie in ʼn duinegraf buite Elandsbaai gevind. Luidens die verslag van die nadoodse ondersoek is Van Rensburg aan versmoring dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.