Die hoofgedenkdiens sal by die ENB-stadion in Soweto gehou word. Die diens sal regstreeks by die Ellis Park-, Orlando- en Dobsonville-stadions uitgesaai word. Die diens is geskeduleer om 11:00 Dinsdagoggend te begin. “Die regering het gratis openbare vervoer en parkeer-en-ry-geriewe gereël om roubeklaers te akkommodeer en te verseker dat hulle betyds by die stadions aankom,” het die Stad Johannesburg in ʼn verklaring gesê. Die Stad het gewaarsku dat geen motors naby die ENB-stadion toegelaat sal word nie en dat paaie rondom die stadion van middernag Maandag gesluit sal wees.
Ekstra stadions vir amptelike Mandela-gedenkdiens
Drie ekstra stadions is beskikbaar gestel vir diegene wat Dinsdag oudpresident Nelson Mandela se amptelike gedenkdiens wil bywoon.
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.