Ekstra vier jaar vir ruimtestasie

Ruimtevaarders besig met instandhoudingswerk aan die ISS

Ruimtevaarders besig met instandhoudingswerk aan die ISS

Die $100 miljard internasionale ruimtestasie (ISS) sal vir nog vier jaar verleng word, of ten minste tot 2024 om verdere wêreldwye navorsing en wetenskaplike samewerking te verseker, het NASA Woensdag gesê.

Die ISS is die grootste ruimtelaboratorium wat nog ooit gebou is en is in 1998 gelanseer.

Wetenskap op die stasie sluit navorsing oor middelweerstandige bakterie, ondersoek oor die oorsprong van die heelal en selfs navorsing oor hoe mense eendag die ruimte verder kan betree, selfs om Mars toe te kan gaan.

Die ISS het ʼn groter leefruimte as ʼn ses slaapkamerhuis en bied internet-toegang, ʼn gimnasium, twee badkamers en ʼn 360 grade venster met ʼn skouspelagtige uitsig oor die aarde.

NASA, die Russiese federale ruimteagentskap Roscosmos, die Kanadese ruimteagentskap (CSA), die Europese ruimteagentskap en JAXA van Japan staan almal in vennootskap.

Die struktuur is so lank soos ʼn rugbyveld (109 meter) en is dus vier keer groter as die Russiese ruimtestasie Mir en vyf keer groter as die Amerikaanse Skylab. Die bemanning is ses ruimtevaarders van 14 lande wat op ʼn rotasiebasis werk.

Die Amerikaanse maatskappye SpaceX en Orbital Sciences het intussen dit ook reggekry om onbemande kapsules met vrag na die ISS te stuur.

Die ruimtestasie het ook gereeld instandhoudingswerk nodig en die ruimtevaarders trek dan ruimtepakke aan en klim uit die stasie om buite aan die laboratorium te werk.

Lees ook:
Video: Só borsel mens tande in die buitenste ruim
Klein pratende robot as metgesel na ruimtestasie gestuur
Ruimte-musiekvideo ‘n treffer op YouTube
Video: Suksesvolle SpaceX-lanseerpoging na die ruimtestasie!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kobus ·

As ek nie hoogtevrees gehad het nie sou dit ‘n goeie wegbreek kans gewees het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.