Elektrisiteit bly onder druk

Brian Dames, hoof uitvoerende beampte van Eskom, het Vrydag gesê Suid-Afrika se elektrisiteitstoevoer sal onder druk bly totdat die vier bykomende kragstasies voltooi is.

Dames het afgevaardigdes by ‘n sakeontbyt in Pretoria toegespreek, berig EWN. Konstruksie by die kragstasies behoort in 2019 voltooi te wees. Hy het ook verseker dat daar nie weer kragonderbrekings sal wees soortgelyk aan dié wat die land in 2008 beleef het nie. Volgens Dames is 50% van konstruksiewerk by al vier kragstasies reeds voltooi. “Ons is in die middel van ‘n R340 miljard kapasiteituitbreidingsprogram, die grootste wat ooit in Suid-Afrika onderneem is. Ons het in 2005 begin en beplan om teen 2019 klaar te wees,” het hy gesê. Die maatskappy doen ‘n beroep op die publiek om elektrisiteit spaarsamig te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.