Elektrisiteit in PTA herstel

Argieffoto

Argieffoto

Elektrisiteit is na meeste dele van Pretoria herstel wat geraak is deur ʼn brand by die Pumulani-substasie, het die stad Saterdag gesê.

“Konstruksiewerk vorder redelik goed by die substasie,” het Selby Bokaba, woordvoerder van die stad, gesê. ʼn Brand het Woensdagmiddag by die substasie uitgebreek.

Elektrisiteittoevoer in Pretoria-Noord en Wonderboom is boonop Vrydagaand geraak weens reënval in die gebied.

“Die span kon Vrydagaand omstreeks 19:00 die toevoer na gebruikers in Garsfonteint en Pretoria-Oos herstel, ondanks die reën wat die span se pogings ontwrig het.”

Elektrisiteit sal na verwagting later Saterdag na Pretoria-Noord herstel word.

“Die stad vra om verskoning vir enige ongerief wat deur die kragonderbrekings veroorsaak is,” het Bokaba gesê. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.