Elektrisiteit-terroriste gesoek

gloeilamp 2City Power het Saterdag gesê ‘n ondersoek is van stapel gestuur om die werknemers te identifiseer wat die kragvoorsiening rondom Johannesburg afgesny het.

“City Power werk nou saam met die polisie op ‘n plaaslike en nasionale vlak,” het Sol Masolo, woordvoerder van City Power, gesê. “’n Ondersoek duur voort maar die skuldiges is nog nie uitgeken nie.”

Groot gedeeltes van Johannesburg het sedert Donderdag kragonderbrekings ervaar. Die kragonderbrekings is glo weens sabotasie deur werknemers wat sedert Woensdag onwettig begin staak het. Die werkers het begin staak nadat City Power glo ‘n nuwe skofsisteem ingestel het om sy jaarlikse oortydrekening te verminder.

Maroela Media het vroeër berig alle voorstede in Johannesburg, wat weens die sabotasie kragonderbrekings ervaar het, nou weer van elektrisiteit voorsien word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Seg Net ·

Ja Broer indien dit Blankes was, was hulle lankal gevang en agter tralies.

Seg Net ·

Vlammannetjie, Nogal komies as mens daaraan dink. Net is Afrika meer spesifiek Suid Afrika.

Alida Engelbrecht ·

Is die manne van die “Boeremag” dan nie in die tronk oor sabotasie of poging tot sabotasie nie ? Dis mos n misdaad wat vroeer jare die doodstraf kon regverdig !

piet ·

DIE WAARHEID IS JHB SE KRAG IS NIE BETAAL NIE.. DIT SAL NIE EVKOM OF JHB SE NIE. GEEN SABOTASIE NIE

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.